Suid-afrikaners in nederland
Nr.1 - april 1999
Sybrandus Adema
Vuyo Raymond Matinyana is vir baie
Amsterdammers dalk onbekend. Maar noem Miss Thandi en meer mense
sal weer na wie jy verwys. Sy is immers beter bekend as hy.
Vir 'n paar jaar al is hierdie sangeres en kabereties besig om
tradisionele Afrika-liedere aan Nederlanders bekend te stel - op
'n baie ontradisionele manier.
Opgetooi en opgemaak sing Miss Thandi veral Xhosa-liedjies by
haar vertonings; soms in 'n formele omgewing, soms in 'n
informele kroeg. Altyd met oorgawe.
Raymond het opgegroei in Port Alfred, maar op sestienjarige
ouderdom na Johannesburg gegaan waar hy ook aan die kunsskool
Fuba studeer. Hy word aanvaar om in Amerika op te tree saam met 'n
interkulturele organisatie. 'n Vriend gee vir hom 'n
vliegtuigkaartjie na Nederland om te kyk of hy hier geld kan
insamel vir sy verdere reise. Dit slaag en hy spandeer 'n jaar in
Amerika.
Begin 1994 keer Raymond terug na Nederland; 'n land waarin daar
toe groot belangstelling vir Suid-Afrika heers.
Hoe reageer Nederlanders op jou musiek en die taal?
"Mense soos Miriam Makeba en Ladysmith Black Mabazu
het al die pad vir ons gebaan. Ek gebruik ook bekende goed as 'n
brug om die gehoor an ander musiek te lei.
"Ek vertel ook die verhale wat agter die liedjies sit
waardeur ek die mondelingse tradisie voortsit."
"Die persepsie dat Nederlanders heel vrydenkend is, klop
volgens Raymond nie. "Daar is 'n mate van oopheid, maar aan
die einde van die dag is Nederlanders Nederlands.
"Ek kan hulle ook nie blameer nie. Hulle het 'n invloei van
kulturele minderhede en hulle moet self leer om dit te hanteer.
"Nederlanders verstaan nie Afrikane nie,"s� hy. 'n
Gebrek aan prominente swart Nederlanders en 'n paternalistiese
kultuur, maak volgens hom ook dinge moeiliker.
"Mense hier is emotioneel verlam. Daar is te veel wette.
Alles word met die kop gehanteer; nie met die hart nie. Maar
hulle is sag. En vrygewig - tot op 'n punt."
Die alter-ego Miss Thandi kom van die Suid-Afrikaanse tydskrift
met dieselfde title. "Dit beteken om lief te h�, om liefde
te onvang. En dis wat sy ook doen.
"Vroue het die meeste impak op my gehad het,"
verduidelik hy. In moeilike omstandighede het sy ma, as enkelouer,
hom grootgemaak. En veral vroue het hom leiding gegee in sy
kunsopleiding.
"Miss Thandi is 'n manier om al hierdie vroue te vereer. Sy
is elke Suid-Afrikaanse vrou; 'n bietjie van dit en dat. Sy het 'n
goeie hart, sy is 'n heler en 'n broodwinnaar. Sy bring liefde."
Is Miss Thandi en Raymond nog steeds twee aparte
entiteite?
"Ek is Raymond. Ek verskaf die kultuur aan haar.
Miss Thandi is doe persona.
"My ma het nog steeds 'n seun genaamd Raymond," lag hy.
Beskou jy jouself as 'n fopdoskunstenaar?
"Ek reken almal het 'n manlike en vroulik sy. Ek is
nie vreeslik seksueel geori�nteerd soos ons grootgemaak is om te
glo dat manne mans is en vroue vrouens - elk met 'n spesifieke
doel. Ek het dit nooit gehad het nie. Ek is nie 'n drag-queen nie.
"Wat my betref, is almal in 'n mindere of meerdere mate
draggerig. Alles wat ons doen om ons te versier, het darmee te
maak, ongeag of jy 'n man of vrou is."
'n Fopdoskoningin is meer ekstreem; iemand soos Joan Collins of
Brenda Fasi, meen Raymond. 'n Fopdoskunstenaar is iemand wat 'n
persona skep vir verhoogdoeleindes. Miss Thandi is iets van beide,
"want sy is soms ook soms Miss Thandi af van die verhoog".
Wat dink jou ma hiervan?
"My ma en ander weet van Miss Thandi, maar baie het
haar nog nie ontmoet nie. Ek weet glad nie wat die reaksie gaan
wees nie," s� Raymond oor sy eerste optrede in Port Alfred
wat eersdaags plaasvind. "In die stadsaal nogal."
Onlangs het hy 'n stigting op die been gebring waardeur
Nederlandse en Suid-Afrikaanse kunstenaars ervaring in mekaar se
lande kan opdoen. Afro Vibes probeer ook geld insamel vir
studiebeurse aan leerlinge in Port Alfred, 'n omgewing wie se
mense baie na aan sy hart l�.
Wat Raymond veral opval, is dat sy geboortedorp nog steeds erg
gesegregeer is; iets wat al meer verander het in Johannesburg.
"Suid-Afrika is te besig vir my. Mense verlang na iets. Ek
kry die gevoel dat almal so graag dinge wil h�. Baie drome wat
net nie waar kom nie.
"Tog is daar mense wat wel dinge regkry."
Beskou jy jouself as deel van die breindrein?
"Nee, nee. Miss Thandi help om Suid-Afrika bekend
te stel, en 'n belangstelling in die land te kweek.
"Ek hou wel van Amsterdam - dis sag, dis veilig. Maar ek
wens soms Suid-Afrika was in Belgie."
Hy het wel kontak met onder andere swart Suid-Afrikaners hier en
elke maand hou hulle 'n stokvel.
"Ek leef Suid-Afrika. My lewe is Suid-Afrikaans op 'n manier."
Soos sy woonstel ook van getuig: baie Suid-Afrikaanse vlaggies,
houtkameelperde, tradisionele Afrika-dromme asook politieke en
kulturele plakkate. In die hoek l� daar 'n Nederlandstalige
tydskrif oor Suider Afrika en 'n uitgeknipte artile oor Desmond
Tutu - ook in Nederlands. Sy passiewe kennis van Afrikaans het
hom wel gehelp om Nederlands te verstaan. "Om dit te praat,
is 'n ander saak."
Xhosa bly sy een groot liefde en hoewel hy min geleentheid het om
dit in die buiteland te praat, het hy onlangs 'n Xhosa-webruimte
ontdek waardeur hy minstens skriftelik kan kommunikeer.
"Die swart Suid-Afrikaners hier is veral Sotho en Tswana-spekendes.
Ek het eintlik meer Sotho en Tswana hier geleer as in Suid-Afrika,"
lag hy.
"In iedergeval, ek sien my as 'n kulturele ambassadeur
sonder salaris. Nederlanders stel dalk wel belang in Suid-Afrika,
maar nie soseer in ons kultuur nie. D�t probeer ek verander."